Ou Testament

Nuwe Testament

Job 17:9-13 Die Boodskap (DB)

9. Daar is mense wat reg leef. Hulle bly op die koers wat hulle gekies het. Hulle word net meer en meer oortuig daarvan dat hulle moet aanhou om ordentlik te leef.”

10. Job het ook vir hulle gesê: “Julle kan gerus almal weer terugkom en voor my kom staan, maar ek is oortuig dat ek nie een verstandige mens onder julle sal kry nie.

11. My lewe is verby. Ek het geen planne of drome meer vir die toekoms nie.

12. My vriende maak of die nag dag is. En wanneer dit donker is, maak hulle of die lig naby is. Hulle verdraai die waarheid.

13. Dit is eintlik ’n hopelose toestand as die graf vir my ’n huis moet wees, dat ek in die donker vir my ’n rusplek moet regkry.

Lees volledige hoofstuk Job 17