Ou Testament

Nuwe Testament

Job 17:3-10 Die Boodskap (DB)

3. “Here, wil U my nie maar verdedig nie? Daar is niemand anders wat vir my wil instaan nie.

4. U het gemaak dat my vriende nie kan verstaan wat aangaan nie. Ek vra mooi, moenie dat hulle wen nie.

5. Hulle is eintlik verraaiers. Hulle praat teen hulle vriende, want hulle kry iets in ruil daarvoor. Maar die slegte ding is, hulle kinders is op die ou einde die slagoffers daarvan.

6. “Die Here maak my belaglik voor die mense. Hulle spoeg selfs in my gesig.

7. My oë is al dof van al die gehuil. Ek is so maer, ek is net ’n skaduwee van wat ek vroeër was.

8. Van die mense wat reg probeer leef, is geskok wanneer hulle my toestand sien. Hulle kom in opstand teen die goddeloses, wat nie ’n saak met God het nie.

9. Daar is mense wat reg leef. Hulle bly op die koers wat hulle gekies het. Hulle word net meer en meer oortuig daarvan dat hulle moet aanhou om ordentlik te leef.”

10. Job het ook vir hulle gesê: “Julle kan gerus almal weer terugkom en voor my kom staan, maar ek is oortuig dat ek nie een verstandige mens onder julle sal kry nie.

Lees volledige hoofstuk Job 17