Ou Testament

Nuwe Testament

Job 17:1-4 Die Boodskap (DB)

1. Job het gesê: “Ek is moedeloos, my lewe is verby. Die dood wag vir my.

2. Oral om my is mense wat my spot. Ek kan maar net sit en kyk hoe hulle my uittart.

3. “Here, wil U my nie maar verdedig nie? Daar is niemand anders wat vir my wil instaan nie.

4. U het gemaak dat my vriende nie kan verstaan wat aangaan nie. Ek vra mooi, moenie dat hulle wen nie.

Lees volledige hoofstuk Job 17