Ou Testament

Nuwe Testament

Job 16:6-16 Die Boodskap (DB)

6. My gepraat het in elk geval nie my pyn weggevat nie. Maar dit help ook nie ek sê niks nie, die pyn bly.”

7. Job het verder gesê: “Ja, die Here het my uitgemergel en my gesin verwoes.

8. Noudat Hy met my klaar is, is ek net vel en been. Mense dink my toestand is ’n bewys dat ek skuldig moet wees.

9. My liggaam is in hierdie toestand omdat Hy baie kwaad is vir my. Hy kan my nie vat nie! Hy kners op sy tande vir my en kyk reg deur my.

10. Mense drom om my saam en koggel en lag vir my. Hulle dink so min van my dat hulle my sommer deur die gesig slaan.

11. God laat my aan die genade van slegte mense oor. Ek is aan hierdie mense uitgelewer.

12. Ek het rustig my eie gang gegaan, maar Hy het dit kom verbreek. Hy het my aan my nek gegryp en my neergegooi. Dit het vir my gevoel ek breek in stukkies. Toe het Hy my gevat en my sy teiken gemaak.

13. Dit was of sy pyle oral by my verbygevlieg het. Die pyle het my niere deurboor en my gal het op die grond uitgeloop. Hy het niks vir my gevoel nie.

14. Hy het my aanhoudend gewond en op my afgestorm soos ’n soldaat wat ’n vyand aanval.

15. Hier sit ek soos iemand wat oor ’n dooie rou. Platgeslaan! Ek het klere aan wat van sak gemaak is en ek sit in die stof.

16. My gesig is rooi gehuil en daar is swart kringe om my oë.

Lees volledige hoofstuk Job 16