Ou Testament

Nuwe Testament

Job 16:1-9 Die Boodskap (DB)

1. Job het gereageer op wat Elifas gesê het en hom geantwoord:

2. “Ek het al hierdie goed wat julle sê, al baie gehoor. Julle is maar slegte troosters.

3. Wanneer gaan julle end kry met julle sinlose gebabbel? Maak my woorde julle siek dat julle voel julle moet antwoord?

4. Ek sou vir julle dieselfde antwoorde kon gee as julle in my plek was. Ek sou julle ook kon kritiseer en die kop oor julle skud.

5. Maar dit is nie wat ek sou doen nie. Ek sou eerder probeer het om goed te sê wat julle kon help. Ek sou iets wou sê om julle pyn ligter te maak.

6. My gepraat het in elk geval nie my pyn weggevat nie. Maar dit help ook nie ek sê niks nie, die pyn bly.”

7. Job het verder gesê: “Ja, die Here het my uitgemergel en my gesin verwoes.

8. Noudat Hy met my klaar is, is ek net vel en been. Mense dink my toestand is ’n bewys dat ek skuldig moet wees.

9. My liggaam is in hierdie toestand omdat Hy baie kwaad is vir my. Hy kan my nie vat nie! Hy kners op sy tande vir my en kyk reg deur my.

Lees volledige hoofstuk Job 16