Ou Testament

Nuwe Testament

Job 15:8-21 Die Boodskap (DB)

8. Het jy miskien in God se vergadering gesit en gehoor wat Hy alles beplan? Dink jy miskien dat net jy wysheid het?

9. Wat weet jy sodanig wat ons nie weet nie? Wat verstaan jy wat ons nie verstaan nie?

10. By ons is mense wat al oud en grys is. Hulle is ouer as jou pa.

11. “Sê ’n bietjie vir my, Job, voel jy dat die troos wat die Here vir jou gee nie juis veel help nie? So ook nie sy mooi woorde vir jou nie?

12. Wat gaan in jou kop aan? Hoekom blits jou oë so?

13. Hoekom is jy so opstandig teen God? Hoekom sê jy sulke vreeslike dinge?

14. Kan ’n mens ooit sonder enige foute wees, sê my? Kan ’n gewone mens altyd reg doen?

15. Om die waarheid te sê, die Here vertrou nie eens sy engele nie. In sy oë is selfs nie eens die hemel sonder enige foute nie.

16. As hulle dit nie eens kan doen nie, hoeveel minder dan ’n mens! Mense is vol foute en doen baie dinge verkeerd. Vir hulle is om water te drink en om verkeerde goed te doen presies dieselfde.

17. “Luister na my, Job, ek sal jou vertel wat ek self al beleef het.

18. Wat ek ervaar het, het ander mense wat bekend is vir hulle kennis en insig ook al ervaar. So sê hulle. En hulle het weer by hulle ouers daarvan gehoor.

19. Hulle ouers was die mense vir wie hierdie land gegee was. Dit was nog voordat vreemde mense tussen hulle ingekom het.”

20. “Vir slegte mense is hulle hele lewe eintlik maar ’n pynlike ervaring. Solank hulle leef, sal ongevoelige mense hulle laat swaarkry.

21. Hulle leef in spanning, want hulle hoor van al die slegte dinge wat om hulle gebeur. Net as hulle dink dat dit nou rustig en goed gaan, oorval ’n aanvaller hulle.

Lees volledige hoofstuk Job 15