Ou Testament

Nuwe Testament

Job 15:29-35 Die Boodskap (DB)

29. Hulle sal nie ryk bly nie. Hulle geld sal nie hou nie. Hulle sal ook nie meer oral in die land besittings hê nie.

30. “Donker tye lê vir hulle en wag. Hulle sal nie wegkom nie. Soos ’n vuur ’n boom verteer, sal die Here hulle laat verdwyn.

31. Mense bedrieg hulleself as hulle op nikswerd goed vertrou. Dit bring hulle net mooi niks in die sak nie.

32. Dit is soos ’n boom wat te gou uitdroog en nooit weer groen takke sal hê nie.

33. Hulle sal soos ’n wingerd wees waarvan die groen druiwe afval, soos ’n olyfboom wat bloeisels afgooi en dan nie vruggies kan dra nie.

34. Die mense wat God nie wil ken nie, se lewe lewer niks op nie. Hulle is goddeloos. Hulle huise is vol goed wat hulle van ander mense afgepers het. Hulle huise sal afbrand.

35. Hierdie mense beplan altyd om kwaad te doen. Hulle wag net vir ’n kans om ander mense te kan bedrieg.” As Job soos hulle is, sal dieselfde met hom gebeur.

Lees volledige hoofstuk Job 15