Ou Testament

Nuwe Testament

Job 15:1-10 Die Boodskap (DB)

1. Elifas het Job geantwoord:

2. “Jy is veronderstel om ’n verstandige mens te wees, maar jou woorde dra nie gewig nie. Dit is wind. En meer nog, jy is ’n windsak!

3. Dit help nie om die dinge te sê wat jy sê nie. Dit kan niemand help nie.

4. Het jy nie respek vir die Here nie? Jy maak dat niemand meer sal bid en met Hom sal praat nie.

5. Dit is omdat jy verkeerde dinge doen dat jy die goed sê wat jy sê. Jy is skelm met die woorde wat jy gebruik.

6. Maar ék hoef jou nie aan te kla nie, jy doen dit self. Jou eie mond doen dit!

7. “Jy maak of jy die eerste mens is wat ooit gebore is. Was jy dalk al hier nog voordat die heuwels gemaak is?

8. Het jy miskien in God se vergadering gesit en gehoor wat Hy alles beplan? Dink jy miskien dat net jy wysheid het?

9. Wat weet jy sodanig wat ons nie weet nie? Wat verstaan jy wat ons nie verstaan nie?

10. By ons is mense wat al oud en grys is. Hulle is ouer as jou pa.

Lees volledige hoofstuk Job 15