Ou Testament

Nuwe Testament

Job 13:1-8 Die Boodskap (DB)

1. Job het gesê: “Alles wat julle beskryf het, het ek voorheen gesien en gehoor. Ek verstaan goed wat julle sê.

2. Ek weet net soveel as wat julle weet. Julle moenie dink julle is beter as ek nie.

3. Ek wens darem dat ek self met God kan praat, al is Hy so vreeslik magtig. Ek sal bitter graag vir Hom wil sê hoe ek oor dinge voel.

4. Julle weet nie veel nie en smeer dit met ’n spul leuens toe. Julle is ’n spul nikswerd dokters wat ’n mens nie regtig kan help nie.

5. Bly net ’n slag stil! Dit is die slimste ding wat julle kan doen.

6. Luister net ’n slag wat ek te sê het. Hoor ’n bietjie my kant van die saak.

7. “Probeer julle God met julle leuens en oneerlike argumente verdedig?

8. Julle is veronderstel om onpartydig te wees, maar ek sien julle kies God se kant van die saak. Julle verdedig sy standpunt.

Lees volledige hoofstuk Job 13