Ou Testament

Nuwe Testament

Job 12:4-10 Die Boodskap (DB)

4. En tog lag julle, my vriende, vir my. Die Here het my nog altyd geantwoord as ek Hom iets gevra het. Ek is ’n eerlike mens, niemand kan iets slegs van my sê nie. Nogtans lag julle vir my.

5. Mense wie se lewe rustig en sonder probleme is, dink minder as niks van ander wat in die moeilikheid kom nie. Hulle sal iemand wat val nog ’n skop ook gee.

6. Maar daar is selfs rowers wat in rus en vrede gelaat word. En dan is daar mense wat teen God in opstand is wat steeds rustig en veilig lewe. Hulle dink dat hulle God in hulle mag het.”

7. Job het gesê: “Gaan gerus na die diere en die voëls in die lug: hulle kan julle baie leer en vertel.

8. Gaan praat met die aarde. Die aarde het baie om julle te leer. Die visse in die see het ook baie om julle te vertel.

9. Hulle weet almal dat die Here alles gemaak het.

10. Alles wat lewe, is van Hom afhanklik. Elke enkele mens is vir sy asem van die Here afhanklik.

Lees volledige hoofstuk Job 12