Ou Testament

Nuwe Testament

Job 12:17-25 Die Boodskap (DB)

17. Hy laat leiers dom lyk. Hy maak van regters gekke.

18. Hy trek konings se koningsklere uit en laat hulle slaweklere aantrek.

19. Hy laat priesters hulle aansien in die samelewing verloor. Hy verneder hulle. Hy raak ook ontslae van mense wat dink hulle sit stewig in hulle magsposisies.

20. Hy maak mense stil wat nog altyd goeie raad vir ander gegee het. Hy vat ook die insig van ouer mense weg.

21. Hy laat belangrike leiers in die skande kom. Hy vat hulle mag weg.

22. “Hy bring donker geheime in die lig. Hy gee lig in donker plekke.

23. Hy laat volke sterk word, maar Hy vernietig volke ook weer. Hy laat toe dat nasies baie groot word, maar Hy laat hulle ook weer verdwyn.

24. Hy vat leiers se vermoë weg om te verstaan en laat hulle in woeste plekke doelloos ronddwaal.

25. Hulle loop voel-voel in die donker rond sonder enige lig. Hy laat hulle soos dronk mense rondslinger.”

Lees volledige hoofstuk Job 12