hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 9 Die Boodskap (DB)

1. Die volk wat in verdrukking en donkerte moes leef, sien nou ’n helder lig. Waar daar ’n donker wolk oor hulle land gehang het, het die lig nou vir hulle deurgebreek.

2. Israel sal weer groot wees en sy mense sal lag en jubel soos in die oestyd. Hulle skree uitbundig van vreugde soos die soldate wanneer hulle die oorlogsbuit verdeel.

3. Want God sal die kettings waarmee sy volk vasgebind word en die swepe waarmee hulle geslaan word, stukkend breek, net soos Hy Midian se mag lank terug gebreek het.

4. Die skoene van die soldate wat die land binnegeval het en hulle bloedbevlekte uniforms sal met vuur verbrand word.

5. Daar is vir ons ’n Kind gebore! Dit is ’n Seun wat aan ons gegee is! Hy sal oor ons regeer en sy koninklike titels sal wees: Spesiale Raadsman, God wat sterk is, Ewige Vader, Koning van Vrede.

6. Sy koninkryk en mag sal aanhou uitbrei en Hy sal vir altyd vrede bring. Hy sal vir altyd op Dawid se troon sit en sy koninkryk met regverdigheid en billikheid regeer. Daarvoor sal die absolute goedheid van die Here die Almagtige sorg.

Die Here is kwaad vir Israel

7. Die Here het vir Israel ’n waarskuwingsboodskap gestuur. Die dinge waaroor Hy hulle gewaarsku het, gaan hierdie nageslag van Jakob beslis tref.

8. En die verwaande mense van Efraim en Samaria sal dit binnekort ontdek.

9. Hulle wat so selfversekerd sê: “Die baksteengeboue het nou wel omgeval, maar ons sal dit met klipgeboue vervang. En ons sal sederbome plant in die plek van die wildevyebome wat afgekap is.”

10. Die Here se reaksie hierop is om hulle vyande aan te hits om hulle aan te val.

11. Die Siriërs uit die ooste en die Filistyne uit die weste storm op Israel af soos roofdiere om hulle op te vreet. Ondanks dit alles het die Here se woede nog nie bedaar nie en is Hy van plan om hulle nog te straf.

12. Ten spyte van die straf het die volk hulle nie bekeer en na die Here toe teruggedraai nie. Hulle het ook nie gevra wat Hy van hulle verwag nie.

13. Daarom sal die Here Israel op een dag heeltemal vernietig. Hy gaan die kop en die stert, die palmtak en die riete saam afsny.

14. Die kop is die leiers en hulle vriende, terwyl die profete wat so lieg die stert is.

15. Dié wat vir die volk leiding moes gee, het hulle heeltemal mislei; daarom is die mense heeltemal verward en verdwaas.

16. Daarom is die Here nie eens meer opgewonde oor die jongmense nie, en kry Hy ook nie meer die weduwees en die weeskinders jammer nie. Hulle is almal ewe korrup en goddeloos, en die een vertel meer leuens as die ander. Maar die Here se woede het nog nie bedaar nie. Hy is van plan om hulle nog te straf.

17. Hulle goddeloosheid vernietig die land soos ’n veldbrand. Alles word voor die voet deur so ’n brand verteer, nie net die dorings en bossies nie, maar ook die bos. Al wat oorbly, is die rook wat in die lug bly hang.

18. Die woede van die Here die Almagtige versprei soos ’n veldbrand deur die land. Die volk het sy vuurmaakhout geword, elkeen net oor homself bekommerd.

19. Hulle steel kos net waar hulle kan, maar dit is nie genoeg om hulle honger te stil nie. Selfs hulle buurman loop deur onder hulle geplunder.

20. Die broers, Manasse en Efraim, veg teen mekaar. Op hulle beurt val hulle weer vir Juda aan. Ondanks dit alles het die Here se woede nog nie bedaar nie en is Hy van plan om hulle nog te straf.