Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 50:7-10 Die Boodskap (DB)

7. Omdat die Here my help, sal ek nie verneder word nie. Ek byt op my tande, want ek weet dat ek nie in die skande sal kom nie.

8. Die Here is aan my kant. Hy bewys ek is reg. Wie wil my hof toe vat? Hy moet maar kom dat ons saam in die hof kan gaan staan. Wie wil regter speel oor my? Laat hy hier na my toe kom.

9. Die Here help my. Wie sal dit waag om te sê dat ek skuldig is? Hulle sal almal verwoes word soos klere wat die motte stukkend vreet.

10. Dié wat respek het vir die Here, luister wat sy dienaar sê. Dié wat in onsekerheid is en geen duidelikheid het oor sy lewe nie, moet op die Here vertrou. Hy moet op God staatmaak.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 50