Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 46:1-8 Die Boodskap (DB)

1. Babel se afgod Bel het inmekaargesak. Nebo het geknak. Hulle beelde het ’n swaar vrag geword op die rûe van die diere wat hulle moes dra. Hulle gewig druk die pakdiere wat hulle dra, in die grond in.

2. Die gode het ineengestort. Hulle kan die vrag nie langer dra nie. Hulle is saam met die mense wat hulle aanbid as gevangenes weggevoer.

3. Almal van Jakob, almal wat van Israel oor is, moet na My luister. Vandat jy gebore is, het Ek vir jou gesorg. Toe jy ’n babatjie was, het Ek jou in my arms rondgedra.

4. Selfs al word jy oud, sal Ek nog daar wees. Ek sal vir jou sorg tot jy grys is. Ek het julle gemaak. Ek sal vir julle sorg. Ek sal julle dra en julle versorg.

5. Met wie kan julle My vergelyk? Met watter ander persoon kan julle My gelykstel?

6. Mense wat geld het, huur ’n man wat met goud werk. Hy maak vir hulle ’n beeld van ’n afgod. Hulle buig dan voor die beeld en aanbid die beeld.

7. Hulle tel die beeld op hulle skouers en dra dit rond. As hulle dit op ’n plek neersit, staan dit net daar. Dit kan nie roer nie. Selfs al skreeu jy vir die beeld kan hy jou nie antwoord nie. Uit jou probleme kan hy jou nie uithelp nie.

8. Dink ’n bietjie hieroor na en besluit vir julleself. Julle wat so in opstand is teen My, moet julleself ondersoek.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 46