Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 27:1-6 Die Boodskap (DB)

1. Op daardie dag sal die Here sy gevaarlike, skerp swaard gebruik om die vyand te straf, die kronkelende waterslang wat in die diepsee woon, die seemonster.

2. Dan sal Hy hierdie lied oor Israel sing: Sing van Israel, my pragtige wingerd!

3. Ek, die Here, sorg self vir my wingerd. Ek lei dit gereeld nat sodat die lote nie verlep nie. Ek hou dag en nag daar wag sodat niemand dit kan beskadig nie.

4. Ek is nie meer kwaad vir my wingerd nie. As my volk se vyande kom en soos dorings en onkruid probeer om my wingerd toe te groei, sal Ek hulle verbrand.

5. Slegs as hulle met My vrede maak en by My beskerming soek, sal hulle gespaar word.

6. In die toekoms sal Jakob se nageslag wortelskiet soos ’n boom. Israel sal bloeisels maak en vrugte dra wat vir die hele wêreld voordeel sal inhou.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 27