Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 21:12-17 Die Boodskap (DB)

12. Die wag antwoord: “Die môre is amper hier, maar die nag kom weer. As jy weer ’n keer wil kom vra, kom vra gerus.”

13. Die Here se boodskap om Arabië se straf aan te kondig: Julle handelaars van Dedan, gaan kruip weg in die woestyn van Arabië.

14. Mense van Tema, gee vir die vlugtelinge kos en water.

15. Want hulle het vir die geweld van die oorlog gevlug omdat hulle met swaarde en pyle en boë aangeval is.

16. Maar dit het die Here vir my gesê: “Oor presies ’n jaar, en dit gaan nie ’n maklike jaar wees nie, sal Kedar sy magtige posisie verloor.

17. Selfs van sy dapper soldate wat sulke goeie boogskutters is, sal daar min oorbly.” Ek het gepraat, sê die Here, die God van Israel.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 21