hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 20 Die Boodskap (DB)

Die teken van die kaal profeet

1. In die jaar toe koning Sargon van Assirië die Filistynse stad Asdod aangeval en ingeneem het,

2. het die Here vir Jesaja die seun van Amos gesê: Trek al jou klere uit, tot jou sandale ook. Jesaja het dit gedoen en sonder klere en sandale rondgeloop.

3. Toe Asdod ingeneem is, het die Here gesê: My dienaar Jesaja loop nou al die afgelope drie jaar sonder klere en sandale rond soos ’n gevangene. Dit is ’n teken van presies wat met Egipte en Etiopië gaan gebeur.

4. Die koning van Assirië sal hierdie twee lande se mense gevange neem en hulle voor die voet, oud en jonk, kaal en sonder sandale aan hulle voete as ballinge wegvoer. Almal sal die kaal sitvlakke sien. Dit is die skande wat Egipte sal oorkom.

5. Dié wat op Etiopië se hulp gereken het en grootgepraat het oor alles wat Egipte vir hulle sou doen, sal teleurgestel staan, sonder hoop.

6. Dan sal die Filistyne wat langs die Middellandse See bly, sê: “As dit met Egipte kan gebeur, watter kans het ons teen die koning van Assirië? Dit is verby met ons!”