Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 17:9-14 Die Boodskap (DB)

9. In daardie tyd sal Israel se versterkte stede verlate lê, toegegroei onder die bossies, net soos die stede van die Hewiete en die Amoriete toe hulle destyds uit vrees vir die Israeliete uit hulle stede gevlug het.

10. Julle vra hoekom? Omdat jy, Israel, die rug gedraai het vir die Here wat jou nog altyd gehelp het. Julle het vergeet dat die Here altyd die rots was waar julle veilig kon wegkruip vir julle vyande. So, plant maar lote en lê die mooiste tuine aan vir julle afgode vir wie julle so lief is.

11. Al sou die onmoontlike gebeur en hierdie plante dadelik begin groei en blom en die lote vrugte dra, sal julle dit nie oes nie. Die enigste oes wat op julle wag, is siekte en onhoudbare pyn.

12. Luister, hoor die dreuning! Magtige nasies is aan die optrek, hulle opmars klink soos die gedruis van die see en die geluid van groot branders wat op die strand breek.

13. Maar ten spyte van al die geraas laat die Here hulle in hulle spore omdraai en kan hulle nie vinnig genoeg weghardloop nie. Voor die Here se mag is hulle soos strooi wat deur die wind weggewaai word of stof wat deur ’n warrelwind opgewaai word.

14. In die aand is hulle nog ’n bedreiging wat Israel paniekbevange laat wegkruip, maar teen dagbreek is daar niks of niemand van hulle oor nie. Dit is die beloning van dié wat die besittings van die volk van die Here plunder en vernietig.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 17