Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 13:16-22 Die Boodskap (DB)

16. Hulle sal hulpeloos moet staan en toekyk hoe hulle babatjies voor hulle oë doodgemaak word, hulle huise geplunder word en hulle vroue verkrag word.

17. Kyk, Ek gaan die Mediërs opsweep om Babel aan te val, want hulle kan nie met geld omgekoop word nie.

18. Hulle soldate sal die jongmense met hulle pyle afmaai. Daar sal nie genade wees vir die babatjies of die klein kindertjies nie, hulle sal hulle voor die voet doodmaak.

19. God sal die asemrowende stad Babel, die trots van die Babiloniese volk, in ’n ashoop omskep, net soos Hy met Sodom en Gomorra gemaak het.

20. Geslagte sal kom en gaan, maar niemand sal ooit weer daar bly nie. Nie eens die mense wat rondtrek op soek na beter weiding sal hulle tente daar wil opslaan sodat hulle diere daar kan wei nie.

21. Dit sal ’n plek word waar die wilde woestyndiere gaan aas en die uile hulle nes in die murasies maak. Volstruise sal tussen die murasies rondloop en die wilde bokke sal oor die hope klippe spring op soek na iets om te eet.

22. Die hiënas se gelag sal in die afgebreekte torings van die paleise weerklink en die jakkalse se gehuil in die murasies van die huise. Babilon se dae is getel, sy ondergang is nie meer ver nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 13