hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 12 Die Boodskap (DB)

Die verlostes sing ’n danklied

1. Op daardie dag sal julle die volgende lied sing: “Loof die Here! U was kwaad vir ons, maar daardie tyd is verby, nou troos en ondersteun U ons!

2. Kyk, God het ons kom red. Ons stel ons vertroue in Hom, ons is nie meer bang vir Hom nie. Die Here ons God maak ons sterk en beskerm ons. Hy is ons verlosser.”

3. Soos ’n fontein met vars, helder water ’n dors mens laat jubel van vreugde, so sal julle jubel oor die verlossing wat kom.

4. Dan sal julle sing: “Loof die Here en eer sy Naam. Vertel vir die volke van alles wat Hy gedoen het. Vertel vir hulle hoe wonderlik Hy is.

5. Sing tot eer van die Here, want Hy het verstommende dinge gedoen. Gaan vertel dit vir die hele wêreld.

6. Almal wat in Jerusalem bly, moet jubel en juig! Israel se God is heilig en ontsagwekkend, Hy woon onder julle!”