Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 10:1-7 Die Boodskap (DB)

1. Die ongeluk gaan julle tref, julle wat al hierdie onregverdige wette en nuwe regulasies maak om my mense te laat swaarkry.

2. Julle ontsê die armes en die weduwees en die weeskinders hulle regte en steel op hierdie oneerlike manier hulle laaste besittings.

3. Wat gaan julle doen die dag wanneer die Here ’n volk van ver af stuur om julle te kom straf? Na wie toe sal julle dan hardloop om julle te help, en waar gaan julle al julle rykdom wegsteek?

4. Een van twee dinge gaan met julle gebeur: julle sal óf tussen die krygsgevangenes voortstrompel óf tussen die lyke op die grond bly lê. Ondanks dit alles het die Here se woede nog nie bedaar nie en is Hy van plan om hulle nog te straf.

5. Alhoewel Ek Assirië se militêre mag gebruik soos ’n stok waarmee Ek die volke kan slaan, wag daar vir hulle ook swaarkry omdat hulle die mag wat Ek hulle gegee het, misbruik het.

6. Ek het Assirië na my goddelose volk toe gestuur omdat Ek vir hulle kwaad was, met die opdrag om hulle te beroof en die mense soos modder in die strate te vertrap.

7. Maar die koning van Assirië het sy eie idees hieroor. Sy plan is om verwoesting te saai en baie nasies in die proses uit te roei.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 10