hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 42 Die Boodskap (DB)

Bly in Juda

1. ’n Groot klomp mense het na Jeremia toe gekom omdat hy ’n profeet van die Here was. Onder hulle was al die offisiere van die weermag, maar ook Joganan die seun van Kareag en Asarja die seun van Hosaja. By hulle was daar ook nog mense uit elke vlak van die samelewing.

2. Hulle het vir Jeremia gevra: “Luister asseblief na wat ons vra en praat dan namens ons met die Here wat jou God is. Soos jy kan sien, is ons maar net ’n klein groepie mense wat oor is van die sterk volk wat ons eens was.

3. Vra die Here jou God mooi om ons te wys wat ons moet doen en waarheen ons moet gaan.”

4. Jeremia het hulle geantwoord en gesê: “Goed, ek hoor wat julle wil hê. Ek sal met die Here wat julle God is, praat oor wat julle graag wil weet. Ek sal dan vir julle sê presies wat sy antwoord vir julle is. Ek sal niks vir julle wegsteek nie.”

5. Hulle het vir Jeremia gesê: “Ons roep die Here self as ’n getuie teen ons as ons nie doen wat Hy vir ons sê om te doen nie. Hy is eerlik en sal die waarheid praat.

6. Of ons nou daarvan hou of nie, ons sal die Here ons God gehoorsaam. Dit was tog ons idee om jou na Hom te stuur om raad te vra. Dit sal goed met ons gaan as ons aan Hom gehoorsaam is en doen wat Hy sê.”

7. Na tien dae het die Here vir Jeremia ’n antwoord gegee.

8. Jeremia het toe vir Joganan en die offisiere en ook die gewone mense laat roep.

9. Hy het vir hulle gesê: “Julle het my na die Here wat die God van Israel is, gestuur om raad te vra. Hier is sy antwoord:

10. Julle moet hier in die land bly. As julle dit doen, sal Ek opbouend met julle werk. Ek sal nie dat dit met julle sleg gaan nie. Soos ’n boom sal Ek julle plant dat julle kan vestig en groei. Ek sal nie met julle maak soos ’n mens met ’n plant maak wat jy wil uitroei nie. So ’n plant trek ’n mens wortel en al uit die grond uit. Ek is jammer oor al die slegte dinge wat julle moes deurgaan.

11. Moenie bang wees vir die koning van Babel nie. Ek sal julle nie in die steek laat nie. Ek is by julle. Ek sal sorg dat hy nie langer oor julle baasspeel nie.

12. Omdat Ek vir julle omgee, sal Ek die koning van Babel se hart sag maak. As dit gebeur, sal hy julle in julle land laat bly.

13. Maar julle sal aan My ongehoorsaam wees as julle sê: ‘Ons wil nie in hierdie land bly nie,’ maar sê:

14. ‘Nee, ons wil in Egipte gaan bly! Daar sal ons vry wees van oorloë, van oproepe om te gaan baklei en van ’n skaarste aan kos.’

15. As dit is wat julle sê, luister dan gerus wat die Here sê vir die groep van julle wat in Juda oor is. Die Here wat die God van Israel is en sterker is as alles en almal, sê: As julle vasskop en sê dat julle in Egipte wil gaan bly,

16. sal gevegte en hongersnood julle agtervolg. En uiteindelik sal julle in Egipte doodgaan.

17. Dit is wat vir elkeen van julle wag as julle daarop aandring om in Egipte te gaan bly. Julle sal daar doodgaan in ’n geveg of van honger omkom of deur die een of ander epidemie getref word. Niemand van julle sal kan wegkom of die rampe oorleef wat Ek julle daar sal laat tref nie.”

18. Die Here wat die God van Israel is, sê: “Net soos Ek die mense van Jerusalem my woede en my straf laat voel het, net so maak Ek met elke mens wat na Egipte toe sal gaan. Mense sal skrik en bang word as hulle sien wat met julle gebeur. Hulle sal met julle spot en julle naam gebruik om ’n ander mens mee te vloek. Julle sal julle eie land nooit weer sien nie.

19. “Die Here sê vir julle wat as ’n groep in Juda oorgebly het, die volgende: ‘Julle moenie na Egipte toe gaan nie!’ Onthou hierdie waarskuwing wat ek vandag vir julle gee.

20. Julle maak ’n fout wat julle dood sal beteken. Julle het ewe mooi kom vra: ‘Sê net vir ons wat die Here se antwoord is en ons sal dit doen.’ Maar julle was nie eerlik nie.

21. Vandag het ek mooi en duidelik vir julle gesê wat sy antwoord is, maar julle luister nie na wat die Here julle God vir julle sê om te doen nie. Om die waarheid te sê, julle het julle nog nooit aan enigiets gesteur wat Hy vir my gesê het om vir julle te sê nie.

22. Julle kan daarom vir seker weet dat julle in Egipte sal doodgaan. Julle hou mos aan dat julle daar wil gaan bly. Dit sal in ’n geveg gebeur of julle sal van die honger doodgaan of ’n epidemie sal julle tref.”