Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 26:1-6 Die Boodskap (DB)

1. Die Here het vir Jeremia gesê wat hy vir die mense van Juda moes sê. Dit was net toe Jojakim koning van Juda geword het. Jojakim was die seun van koning Josia.

2. Die Here het gesê: “Baie mense kom uit al die stede van Juda na die tempel om die Here te aanbid. Gaan staan in die voorste gedeelte van die tempel van die Here en praat met hierdie mense. Sê vir hulle alles wat Ek jou opdrag gegee het om te sê. Moenie een woord terughou nie.

3. Miskien sal hulle luister en ophou om die verkeerde goed te doen waarmee hulle besig is. Dan kan Ek my planne om hulle kwaad aan te doen vir die slegte goed wat hulle doen, verander.

4. Sê vir hulle, die Here sê: Ek het vir julle riglyne gegee hoe om te lewe.

5. Ek het ook keer op keer my profete na julle gestuur om julle te waarsku. Nie dat julle julle juis aan hulle gesteur het nie. As julle my riglyne en my boodskappers aanhou ignoreer,

6. sal Ek hierdie tempel verwoes soos Ek die aanbiddingsplek Silo verwoes het. Ek sal Jerusalem so sleg laat lyk dat die nasies dit as ’n vloekwoord sal gebruik.”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 26