Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 13:13 Die Boodskap (DB)

Dan moet jy vir hulle sê: Nee, dít is wat die Here bedoel. Hy sê: Ek sal almal in hierdie land so verward maak dat hulle soos dronk mense sal lyk. Dit sluit die koning in wat nou regeer en wat deel is van koning Dawid se familie. Verder ook nog die godsdienstige leiers, die profete van die Here en die gewone mense wat in Jerusalem bly.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 13

Kyk Jeremia 13:13 in konteks