Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 9:9-16 Die Boodskap (DB)

9. “Ek maak ’n ooreenkoms met julle en julle kinders

10. en met al die diere wat saam met jou in die ark was: die voëls, die vee en elke wilde dier, met al die diere wat saam met jou by die ark uitgestap het en op aarde leef.

11. Nooit weer sal ’n watervloed alle mense en diere doodmaak nie. Nooit weer sal ’n vloed die hele aarde heeltemal verwoes nie. Ek sal my ooreenkoms met julle hou.”

12. God het verder gesê: “Ek gee vir julle ’n teken van my ooreenkoms, die ooreenkoms wat Ek sluit met alle mense en diere tot in die verre toekoms.

13. Kyk, hoog bo in die wolke sit Ek ’n reënboog. Dit is die teken van die ooreenkoms tussen My en die aarde.

14. Elke keer wanneer dit reën en jy die boog in die wolke sien,

15. sal Ek aan die ooreenkoms dink tussen My en jou en elke lewende wese, dat hulle nooit weer deur ’n watermassa vernietig sal word nie.

16. Telkens wanneer die boog verskyn, sal Ek dit sien en onthou van die ewige ooreenkoms tussen God en elke lewende wese op aarde.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 9