Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 9:19-29 Die Boodskap (DB)

19. Uit hierdie drie seuns van Noag het al die mense op aarde ontstaan.

20. Noag was ’n boer en hy was die eerste mens wat ná die vloed weer ’n wingerd geplant het.

21. Hy het wyn gemaak en daarvan gedrink. Hy het te veel gedrink en dronk geword. Toe het hy sonder klere op sy bed in die tent gaan lê.

22. Toe Gam, die voorvader van al die Kanaäniete, sien dat sy pa kaal in die tent lê, het hy sy twee broers daarvan vertel.

23. Sem en Jafet wou nie hulle pa kaal sien nie en het toe klere gevat, dit oor hulle skouers gegooi en die tent agteruit binnegestap. Terwyl hulle anderpad kyk, het hulle die klere oor hulle pa gegooi.

24. Toe Noag weer nugter was, het hy gehoor wat sy jongste kind aan hom gedoen het.

25. Hy het toe vir hom gesê: “Gam, oor jou sal dit met die Kanaäniete sleg gaan. Hulle sal nog eendag vir jou broers werk.”

26. Van Sem het hy gesê: “Loof die Here, die God van Sem. Kanaän sal nog Sem se vuilwerk doen.”

27. Van Jafet het Noag gesê: “Mag Jafet se nageslag groot wees. Mag sy kinders saam met Sem se nageslag woon. Kanaän sal ook nog aan Jafet onderhorig wees.”

28. Na die vloed het Noag nog 350 jaar geleef.

29. Noag het gesterf toe hy 950 jaar oud was.

Lees volledige hoofstuk Genesis 9