Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 8:13-21 Die Boodskap (DB)

13. In Noag se 601ste jaar, op die eerste dag van die eerste maand, het die water al so weggesak dat ’n mens die droë grond kon sien.

14. Noag het die ark se deur oopgemaak en gesien die aarde is droog.

15. Dit was die 27ste dag van die tweede maand.

16. God het toe vir Noag gesê: “Kom maar uit die ark uit, jy en jou vrou, jou seuns en hulle vroue.

17. Bring ook al die diere saam met jou uit, alles wat lewe, die voëls en vee en kruipende diere. Laat hulle uitkom en op die aarde rondbeweeg sodat hulle vrugbaar kan word en kan vermeerder.”

18. Noag en sy mense het toe uitgestap.

19. Agter hulle het die diere volgens hulle spesies uitgekom.

20. Noag het toe ’n altaar vir die Here gebou en hy het van die rein diere en voëls as brandoffer vir die Here geslag.

21. Toe die Here die heerlike geur ruik, het Hy gesê: “Ek sal nooit weer die aarde vervloek oor die mens nie, want die mens is sleg van kleins af. Ek sal nooit weer so iets verskrikliks doen nie. Nooit weer sal Ek mens en dier so totaal uitwis nie.

Lees volledige hoofstuk Genesis 8