Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 5:9-23 Die Boodskap (DB)

9. Toe Enos 90 was, is sy seun Kenan gebore.

10. Enos het na Kenan se geboorte nog 815 jaar geleef en ook nog ander seuns en dogters gehad.

11. Enos was dus 905 jaar oud toe hy dood is.

12. Toe Kenan 70 was, is sy seun Mahalalel gebore.

13. Kenan het na Mahalalel se geboorte nog 840 jaar geleef en ook nog ander seuns en dogters gehad.

14. Kenan was dus 910 jaar oud toe hy gesterf het.

15. Toe Mahalalel 65 was, is sy seun Jered gebore.

16. Mahalalel het na Jered se geboorte nog 830 jaar geleef en ook nog ander seuns en dogters gehad.

17. Mahalalel was dus 895 jaar oud toe hy dood is.

18. Toe Jered 162 was, is sy seun Henog gebore.

19. Jered het na Henog se geboorte nog 800 jaar geleef en ook nog ander seuns en dogters gehad.

20. Jered was dus 962 jaar toe hy oorlede is.

21. Toe Henog 65 was, is sy seun Metusalag gebore.

22. Henog het sy hele lewe lank baie naby aan God geleef. Na die geboorte van Metusalag het hy nog 300 jaar geleef en ook nog ander seuns en dogters gehad.

23. Henog se ouderdom was dus 365 jaar.

Lees volledige hoofstuk Genesis 5