Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 5:25-32 Die Boodskap (DB)

25. Toe Metusalag 187 was, is sy seun Lameg gebore.

26. Metusalag het na die geboorte van Lameg nog 782 jaar geleef en ook nog ander seuns en dogters gehad.

27. Metusalag was dus 969 jaar toe hy gesterf het.

28. Toe Lameg 182 was, is sy seun gebore.

29. Hy het die seun Noag genoem en gesê: “Hy gaan ons nog moed inpraat as ons sukkel en moeg gewerk is. Hy gaan ons nog troos as ons so swaarkry op die aarde wat die Here vervloek het.”

30. Lameg het na die geboorte van Noag nog 595 jaar geleef en ook nog ander seuns en dogters gehad.

31. Lameg was dus 777 jaar oud toe hy dood is.

32. Noag was 500 jaar oud toe sy seuns, Sem, Gam en Jafet, gebore is.

Lees volledige hoofstuk Genesis 5