Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 5:12-29 Die Boodskap (DB)

12. Toe Kenan 70 was, is sy seun Mahalalel gebore.

13. Kenan het na Mahalalel se geboorte nog 840 jaar geleef en ook nog ander seuns en dogters gehad.

14. Kenan was dus 910 jaar oud toe hy gesterf het.

15. Toe Mahalalel 65 was, is sy seun Jered gebore.

16. Mahalalel het na Jered se geboorte nog 830 jaar geleef en ook nog ander seuns en dogters gehad.

17. Mahalalel was dus 895 jaar oud toe hy dood is.

18. Toe Jered 162 was, is sy seun Henog gebore.

19. Jered het na Henog se geboorte nog 800 jaar geleef en ook nog ander seuns en dogters gehad.

20. Jered was dus 962 jaar toe hy oorlede is.

21. Toe Henog 65 was, is sy seun Metusalag gebore.

22. Henog het sy hele lewe lank baie naby aan God geleef. Na die geboorte van Metusalag het hy nog 300 jaar geleef en ook nog ander seuns en dogters gehad.

23. Henog se ouderdom was dus 365 jaar.

24. Henog het baie naby aan God geleef, so naby dat hy op ’n dag net nie meer daar was nie. Hy was weg, want God het hom kom haal.

25. Toe Metusalag 187 was, is sy seun Lameg gebore.

26. Metusalag het na die geboorte van Lameg nog 782 jaar geleef en ook nog ander seuns en dogters gehad.

27. Metusalag was dus 969 jaar toe hy gesterf het.

28. Toe Lameg 182 was, is sy seun gebore.

29. Hy het die seun Noag genoem en gesê: “Hy gaan ons nog moed inpraat as ons sukkel en moeg gewerk is. Hy gaan ons nog troos as ons so swaarkry op die aarde wat die Here vervloek het.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 5