Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 5:1-7 Die Boodskap (DB)

1. Hier is ’n lys van Adam se afstammelinge: Toe God die mense gemaak het, het Hy hulle op so ’n manier gemaak dat hulle na Hom gelyk het.

2. Hy het hulle as ’n man en ’n vrou gemaak, hulle geseën en hulle “mens” genoem die dag toe Hy hulle gemaak het.

3. Toe Adam 130 jaar oud was, het hy pa geword van ’n seun wat net soos hy gelyk het. Adam het hom Set genoem.

4. Na Set se geboorte het Adam nog 800 jaar geleef en ook nog ander seuns en dogters gehad.

5. Adam was dus 930 jaar oud toe hy dood is.

6. Toe Set 105 was, is sy seun Enos gebore.

7. Set het na Enos se geboorte nog 807 jaar geleef en ook nog ander seuns en dogters gehad.

Lees volledige hoofstuk Genesis 5