Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 49:8-17 Die Boodskap (DB)

8. “Juda, al jou broers sal jou eer.Jou vyande sal jou onderdanig wees.Jou broers sal in respek voor jou buig.

9. Juda is soos ’n jong leeu,hy vernietig sy prooi en keer na sy lêplek terug.Soos ’n leeu krul hy hom in sy blyplek open niemand sal dit naby sy skuilplek waag nie.

10. Juda sal nog koning worden sy koningskap sal eeue lank duur.Uit jou sal iemand kom wat regeer. Van oral sal die volke komom in eerbied voor hom te buig en hom te eer.

11. Juda sal altyd volop hê. Aan sy wingerde sal die groot, ryp trosse swaar hang.Sy donkies sal sommer van die beste druiwe staan en eeten sy klere sal hy in rooi wyn was.

12. Sy mooi oë sal donkerder as wyn weesen sy tande wit van al die melk.

13. “Sebulon sal langs die see bly.Sy strand sal ’n hawe vir baie skepe weesen sy gebied sal tot by Sidon strek.

14. “Issaskar is soos ’n donkie wat ’n lekker lêplek soek en hom by die skape se voerbak uitstrek.

15. Vir Issaskar is sy woongebied mooi,’n goeie plek om in te woon.Daarom het hy baie hard gewerk.Soos ’n slaaf het hy elke dag gewerk.

16. “Dan sal ’n goeie leier vir sy mense weesen sy stam net so belangrik soos al die ander stamme.

17. Mag Dan soos ’n slang by die grootpad weeswat die vyand se perde in die hakskeen bytsodat die ruiter agteroor val.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 49