Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 48:20-22 Die Boodskap (DB)

20. Met hierdie woorde het Jakob sy kleinseuns geseën. “Omdat dit met julle twee goed sal gaan,” het hy verder gesê, “sal dit ook met die hele Israel goed gaan. As mense mekaar groet, sal hulle sê: ‘Ek hoop dit gaan met jou so goed soos met Efraim en Manasse.’” Jakob het Efraim belangriker geag as Manasse.

21. Jakob het toe na Josef toe gedraai en gesê: “Soos jy sien, is ek besig om te sterf. Moenie bang wees nie, want die Here is met jou. Eendag sal Hy jou na die land van jou eie mense terugneem.

22. Ek gee Sigem vir jou. Dit is die plek wat ek destyds nog met swaard en boog van die Amoriete afgeneem het. Dit sal joune wees en joune alleen.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 48