Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 44:21-31 Die Boodskap (DB)

21. U het toe vir ons gesê: ‘Gaan haal die jongste dat ek kan sien hoe hy lyk.’

22. Ons het vir u gesê dit is onmoontlik; die seun kan nie van sy pa af weggaan nie, het ons gesê, sy pa sal doodgaan as daar iets met hom moet gebeur.

23. U het egter aangehou en gesê: ‘As julle nie julle jongste broer saambring nie, wil ek julle nie weer sien nie.’

24. Daarna is ons huis toe en ons het ons pa van alles vertel. Presies soos u gesê het.

25. Na ’n ruk het ons pa gesê ons moet teruggaan om kos te koop.

26. Ons het oor en oor vir hom gesê: ‘Pa weet mos ons kan nie teruggaan nie. Ons kan net gaan as ons jongste broer saamgaan. Sonder hom wil die man ons nooit weer sien nie.’

27. Ons pa het egter volgehou: ‘Julle weet tog Ragel het my net twee seuns gegee.

28. Een seun het net verdwyn. Tot vandag toe het ek hom nooit weer gesien nie en moet ek maar die storie glo dat wilde diere hom verskeur het.

29. As julle die ander seun ook nou van my gaan wegneem en iets gebeur met hom, sal ek van hartseer sterf.’

30. So, Meneer, as ek nou moet teruggaan na my pa toe en hierdie seun vir wie hy tog so lief is, is nie by nie, sal dit sy einde beteken.

31. As ek sonder die jongste moet terugkeer, sal ons ons gryse pa van verdriet moet begrawe.

Lees volledige hoofstuk Genesis 44