Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 35:1-4 Die Boodskap (DB)

1. God het vir Jakob gesê: “Gaan Bet-El toe en bly ’n ruk daar. Bou daar ’n altaar vir die God wat goed was vir jou toe jy destyds vir Esau gevlug het.”

2. Jakob het toe al sy huismense en werkers bymekaargeroep en gesê: “Los nou eens en vir altyd al julle vreemde gode. Was julle skoon en trek skoon klere aan.

3. Ons gaan binnekort Bet-El toe. Daar gaan ek ’n altaar vir die Here bou, omdat Hy geluister het toe ek moedeloos was en Hy altyd saam met my op die pad was.”

4. Almal het hulle afgode gebring asook hulle oorringe. En Jakob het al die goed gevat en dit onder die groot boom duskant Sigem begrawe.

Lees volledige hoofstuk Genesis 35