Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 32:28-33 Die Boodskap (DB)

28. “Wat’s jou naam?” stotter die man.“My naam is Jakob,” het Jakob geantwoord.

29. “Van nou af,” sê die man, “sal hulle jou Israel noem. Nie meer Jakob nie, maar Israel.” Die man het verder gesê: “Vannag het jy teen God en mens geveg, en gewen.”

30. Jakob was verbaas. “Wie is jy nou eintlik? En wat is jou naam?” het hy gevra.“Hoekom vra jy my naam?” het die man gesê. Hy het Jakob geseën en toe is hy weg.

31. “Ek het God vannag gesien en kyk, ek lewe nog,” het Jakob gesê. Hy het die plek toe Pniël genoem.

32. Net toe Jakob van Pniël af wegstap, het die son opgekom. ’n Nuwe tyd het vir Jakob aangebreek. Hy was egter kruppel en het van toe af moeilik geloop.

33. Die man het Jakob op die heupsenuwee geslaan, en tot vandag toe eet Israel nie die senuwee in die heupbeen nie.

Lees volledige hoofstuk Genesis 32