Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 24:24-30 Die Boodskap (DB)

24. “My pa se naam is Betuel. Hy is die seun van Nahor en Milka.

25. En julle is baie welkom by my pa-hulle. Daar is strooi en kos in oorvloed en ook genoeg slaapplek vir almal.”

26. Toe kon Abraham se werker dit nie meer hou nie. Hy het net daar op sy knieë geval en die Here geloof.

27. “Loof die Here, die God van my eienaar Abraham, want Hy is getrou. Prys Hom, want Hy het gedoen wat Hy belowe het. Maak sy Naam groot, want Hy het my sommer reguit na meneer Abraham se mense toe gelei.”

28. Na die man se gebed is die meisie huis toe en sy het haar ma alles gaan vertel.

29. Rebekka se broer Laban het die storie gehoor en is reguit fontein toe om die man te ontmoet.

30. Laban het die goue ring gesien asook die armbande, en hy het gehoor hoe sy suster van die man vertel. Dit is hoekom hy alles gelos het en vinnig fontein toe is. Daar het hy Abraham se werker gekry wat nog die hele tyd by sy kamele gestaan en wag het.

Lees volledige hoofstuk Genesis 24