Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 21:1-11 Die Boodskap (DB)

1. Die Here het onthou wat Hy aan Sara beloof het. Hy het gedoen wat Hy belowe het.

2. Sara het ’n seun in die wêreld gebring, presies soos die Here gesê het. Abraham was al oud toe sy seun gebore is.

3. Abraham het sy seun wat Sara vir hom gegee het Isak genoem.

4. Op die agtste dag het Abraham vir Isak besny omdat die Here vir hom so gesê het.

5. Abraham was 100 jaar oud die dag toe sy seun Isak gebore is.

6. Sara het gesê: “God het my diep gelukkig gemaak. Almal wat my verhaal hoor, sal saam met my lag.

7. Wie sou vir Abraham kon sê dat Sara nog ’n seun sou borsvoed? Ek het vir hom ’n seun op sy oudag gegee.”

8. Isak het grootgeword en sy ma het later opgehou om hom te borsvoed. Die dag toe dit gebeur, het Abraham ’n groot fees gehou.

9. Sara het gesien dat Ismael eenmaal vir Isak lag. Ismael was Abraham se kind by die Egiptiese vrou Hagar.

10. Sara het Abraham beveel: “Smyt hierdie Egiptiese vrou en haar kind onmiddellik uit. Haar kind kan verseker nie saam met my kind erf nie.”

11. Abraham was baie ongelukkig, want hy was lief vir Ismael.

Lees volledige hoofstuk Genesis 21