Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 13:1-7 Die Boodskap (DB)

1. Van Egipte af het Abram na die suidelike woestyn getrek. Saam met hom was sy vrou asook Lot en almal wat vir hom gewerk het.

2. Abram was baie ryk. Hy het ’n groot klomp vee, silwer en goud gehad.

3. Hy het rus-rus deur die suidelike woestyn getrek, tot by Bet-El. Hy het weer by die plek tussen Bet-El en Ai gekom waar sy tent vroeër gestaan het.

4. Dis dieselfde plek waar hy destyds vir die eerste keer ’n altaar vir die Here gebou het. Daar het hy na die Here geroep in gebed.

5. Lot, Abram se broerskind wat heeltyd nog saam getrek het, het ook ’n klomp vee en mense gehad wat vir hom werk.

6. Naderhand kon hulle nie meer saamleef nie. Die vee was te veel en die land te klein.

7. Abram en Lot se werksmense het ook baie met mekaar begin baklei. In dié tyd het die Kanaäniete en die Feresiete in die land gebly.

Lees volledige hoofstuk Genesis 13