Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 10:3-18 Die Boodskap (DB)

3. Die nageslag van Gomer was Askenas, Rifat en Togarma.

4. Die nageslag van Jawan was Elisa, Tarsis, die Kittiërs en die Rodaners.

5. Uit hierdie nageslag van Jafet het al die seevolke ontstaan; elke volk met sy eie taal en kultuur asook sy eie mense.

6. Gam se kinders was Kus, Egipte, Put en Kanaän.

7. Kus was die pa van Seba, Gawila, Sabta, Rama en Sabteka. Rama se kinders was Skeba en Dedan.

8. Kus was ook die pa van Nimrod, die eerste groot heerser op aarde.

9. Die Here het hom as ’n uitstekende jagter beskou. Vandag nog praat die mense van ’n goeie jagter as iemand soos Nimrod wat deur die Here as ’n uitstekende jagter gesien is.

10. Nimrod se magtige koninkryk het uit Babel, Erek, Akkad en Kalne bestaan, almal in Sinar geleë.

11. Uit hierdie volke het die Assiriese Ryk gegroei. Nimrod het ook Nineve, Regobot-Ir en Kalag gebou

12. asook Resen tussen Nineve en Kalag. Kalag was ’n groot stad.

13. Uit Egipte het die Ludeërs, Anammers, Lehabeërs en die Naftoagiete ontstaan.

14. Dan was daar ook nog die Patrosane en Kaslugiete asook die Kaftorane, uit wie die Filistyne ontstaan het.

15. Kanaän was die pa van Sidon, sy oudste seun, asook Het,

16. die Jebusiete, Amoriete, Girgasiete,

17. Hewiete, Erekiete, Siniete,

18. Arwadters, Semariërs en die mense van Hamat. Later het die Kanaänitiese stamme in verskillende rigtings uitgebrei

Lees volledige hoofstuk Genesis 10