Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 10:19-32 Die Boodskap (DB)

19. totdat die Kanaänitiese grense gestrek het van Sidon af tot by Gasa in die rigting van Gerar en tot by Lesa in die rigting van Sodom, Gomorra, Adma en Sebojim.

20. Hierdie is die nageslag van Gam, ingedeel volgens hulle stamme en volksgroepe, hulle tale en kulture en hulle landstreke.

21. Sem het ook ’n hele klomp kinders gehad. Hy was die voorvader van al die Hebreërs. Sy oudste broer was Jafet.

22. Sem se nageslag was: Elam, Assirië, Arpaksad, Lud en Aram.

23. Die nageslag van Aram was Us, Gul, Geter en Mas.

24. Uit Arpaksad is Selag gebore en uit Selag, Heber.

25. Vir Heber is twee seuns gebore. Die naam van die een was Peleg, want in sy tyd het die mense oor die hele aarde verdeel geraak. Sy broer se naam was Joktan.

26. Uit Joktan is gebore Almodad, Selef, Gasarmawet, Jerag,

27. Hadoram, Usal, Dikla,

28. Obal, Abimael, Skeba,

29. Ofir, Gawila en Jobab. Hulle almal is Joktan se seuns.

30. Hulle nedersettings was van Mesa af tot by Sefar in die oostelike bergwêreld.

31. Hierdie is dan Sem se nageslag, ingedeel volgens hulle stamme en volksgroepe, hulle tale en kulture asook hulle landstreke.

32. Hierdie is al die stamme uit Noag se drie seuns. Hulle is ingedeel volgens die lande waarin hulle gewoon het. Uit hulle het al die nasies van die wêreld ná die oorstroming ontstaan.

Lees volledige hoofstuk Genesis 10