Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 3:1-5 Die Boodskap (DB)

1. ’n Ruk hierna het koning Ahasveros ’n man met die naam Haman tot eerste minister bevorder. Hy was tweede in bevel van die land, net onder die koning self. Haman was die seun van Hammedata, ’n afstammeling van koning Agag van die Amalekiete.

2. Op bevel van die koning moes al sy paleisamptenare voor Haman buig om hulle respek vir hom te wys. Almal van hulle het dit gedoen, behalwe Mordegai. Hy het geweier.

3. Die ander amptenare wou toe by Mordegai weet waarom hy weier om die koning se bevel te gehoorsaam.

4. Hulle het elke dag met hom daaroor gepraat. Toe hy hom nie aan hulle steur nie, het hulle vir Haman daarvan vertel. Hulle wou sien of Haman iets daaraan sou doen, want Mordegai het intussen vir hulle vertel dat hy ’n Jood is.

5. Haman was woedend toe hy agterkom dat Mordegai nie respek het vir hom nie.

Lees volledige hoofstuk Ester 3