Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 19:1-6 Die Boodskap (DB)

1. “Leer hierdie lied sodat jy dit by die begrafnis van die konings van Israel kan sing.

2. “Wat is jou ma?’n Leeuwyfie tussen die leeus!Sy het tussen die jong leeus gaan lê. Daar het sy haar welpies grootgemaak.

3. Een van haar welpies het sy gekies en grootgemaak. Hy het ’n jong leeumannetjie geword.Hy het geleer om sy prooi te vang en op te vreet. Toe het hy mense begin vang.

4. Al die nasies het van hom gehoor.Toe het hulle gekom en ’n vanggat gegrawe en hom daarin gevang. Hulle het hom toe met sterk kettings vasgebind en weggevat Egipte toe.

5. “Die leeuwyfie het dit gesien en besef dat al haar hoop weggevat is.Toe het sy nog een van haar welpies gevat en hom geleer hoe om ook ’n sterk leeumannetjie te word.

6. Hierdie leeu het tussen die ander leeus rondgestap en later hulle leier geword.Hy het geleer hoe om sy prooi te vang en op te vreet.En toe het hy ook mense begin vang en opvreet.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 19