Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 36:10-20 Die Boodskap (DB)

10. Hulle het dit op mekaar gepas en daarvan twee identiese stelle gemaak. Vir elke stel het hulle vyf stukke materiaal op hulle lengte aan mekaar vasgewerk.

11. Hulle het blou lussies al om die buitekant van elkeen van die twee stelle vasgewerk

12. sodat daar 50 lussies was wat presies teenoor mekaar was toe die twee stelle op mekaar gepas is.

13. Hulle het ook 50 goue hakies gemaak en deur die lussies gehaak sodat die twee stelle op mekaar gepas het om een dubbelvel te vorm vir die onderste laag van die tent.

14. Hulle het toe ’n seil van bokhaarmateriaal gemaak om bo-oor die eerste laag van die tent te trek. Dit is uit elf stukke materiaal gemaak.

15. Al elf stukke was presies ewe groot. Elkeen was vyftien meter lank en twee meter breed.

16. Hiervan het hulle twee stelle opgemaak. Hulle het vir die een stel vyf stukke materiaal op mekaar gesit en aan mekaar vasgewerk. Vir die ander stel het hulle ses stukke gebruik.

17. Hulle het 50 lussies al om die buitekant van elkeen van die twee stelle vasgewerk sodat daar 50 lussies was wat teenoor mekaar was.

18. Hulle het ook 50 koperhakies gemaak om deur die lussies te haak sodat die twee velle op mekaar een dubbelvel kon vorm vir die middelste laag van die tent se dak.

19. Hulle het ook ’n boonste laag vir die dak van die tent gemaak. Dit is gemaak van ’n laag gelooide ramsvel waaroor ’n tweede laag gebreide vel gesit is.

20. Hulle het ook vir die tent houtpanele uit akasiahout gemaak.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 36