Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 26:33-37 Die Boodskap (DB)

33. Hang die gordyn aan die hakies op sodat dit die deel van die tent wat vir My eenkant gehou word, van die ander deel kan afskort. Kom sit dan die ark met die bewys van die ooreenkoms in, in hierdie afgesonderde deel agter die gordyn neer.

34. Sit ook sy deksel op.

35. “Kom sit ook die tafel en die ligstaander teenoor mekaar in die ander gedeelte voor die gordyn neer. Die tafel moet teen die noordelike muur staan en die staander vir die lampies teen die suidelike muur.

36. “Die ander deel van die tent waar daar nie panele is nie, is die ingang van die tent. Daarvoor moet jy ’n gordyn maak om voor die ingang te hang. Dit moet van geweefde materiaal wees met blou, pers en bloedrooi wol en met borduursel op.

37. Dit moet opgehang word met goue hakies aan vyf regop pale wat van akasiahout gemaak is en met goud oorgetrek is. Die regop pale moet op voetstukke staan wat van koper gemaak is.”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 26