Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 25:1-9 Die Boodskap (DB)

1. Die Here het vir Moses gesê:

2. “Jy moet vir die Israeliete sê hulle moet vir My geskenke na my blyplek toe bring. Neem die bydrae van almal wat graag wil gee.

3. Die geskenke kan van goud, silwer of brons gemaak wees;

4. van blou, pers of bloedrooi wol, van linne, bokhaar,

5. rooigekleurde velle of gebreide velle, of van doringhout.

6. Dit kan olie vir lampe wees, of balsemgom wat gebruik kan word in salfolie of in geurige offers van wierook.

7. Dit kan ook onikssteen of ander halfedelstene wees. Daarmee kan die klere en die sak versier word wat die leier van die mans dra wanneer hy by my blyplek vir My offers bring. Elkeen kan self kies wat hy wil gee. Enigiets wat hier genoem is, moet julle aanvaar as ’n geskenk wat vir My gebring word.”

8. “Israel moet vir My ’n tent maak waarin Ek tussen hulle kan kom bly.

9. Dit moet gemaak word volgens die voorbeeld wat Ek hier op die berg vir jou wys. Julle moet ook al die verskillende goed maak wat by die tent moet kom.”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 25