Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 20:1-14 Die Boodskap (DB)

1. Die Here het die volgende reëls vir sy ooreenkoms met die volk gegee:

2. “Ek is die Here. Ek is jou God. Ek het jou uit Egipte bevry waar jy slawewerk gedoen het.

3. Net Ek mag jou God wees. Jy mag nie ander gode hê nie.

4-5. Jy mag nie vir jou ’n beeld maak of iets in die skepping probeer naboots om dit te aanbid of daarvoor te offer nie. Jy mag nie beelde maak wat lyk soos enigiets wat in die lug daar bo is of soos iets hier op die aarde waarop jy bly of soos iets in die plekke in die water onder die aarde, om dit te vereer soos God nie. Ek verdra dit nie dat jy in ander gode glo nie. Ek reken met almal af wat die rug vir My draai, selfs met hulle kleinkinders en agterkleinkinders.

6. Ek bly getrou en my liefde bly altyd staan vir duisende geslagte lank vir almal wat lief is vir My en aan My gehoorsaam is.

7. “Jy mag nie die Here jou God se Naam sommerso gebruik nie. Die Here sal elkeen straf wat sy Naam gebruik sonder dat hy respek vir die Here het.

8. “Onthou dat die sewende dag die Here se dag is.

9. Jy moet ses dae lank met jou werk aangaan en jou met jou alledaagse dinge besig hou.

10. Die sewende dag is die Here jou God se dag. Jy, jou kinders, die man en vrou wat vir jou werk, jou vee en die buitelander wat by jou bly, nie een van hulle mag op die sewende dag met elke dag se werk aangaan nie.

11. Die Here het die lug, die grond en die see met alles wat daarin bly, binne ses dae gemaak. Op die sewende dag het die Here gerus. Die Here het daarom van die sewende dag iets besonders gemaak en dit vir Hom eenkant gesit.

12. “Jy moet respek hê vir jou pa en jou ma. Jy sal dan lank en gelukkig leef waar die Here jou laat bly.

13. “Jy mag nie iemand anders doodmaak nie.

14. “Jy moenie ontrou wees aan jou man of jou vrou en by iemand anders slaap nie.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 20