Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 10:22-29 Die Boodskap (DB)

22. Moses het sy hand boontoe uitgestrek. Dit het drie dae lank stikdonker geword oor die hele Egipte.

23. Drie dae lank kon die Egiptenaars mekaar glad nie sien nie en nie een kon ’n voet versit nie. Waar die Israeliete gewoon het, was dit egter helder daglig.

24. Die farao het toe vir Moses laat kom en vir hom gesê: “Loop tog en gaan bid tot die Here. Julle moet net julle kleinvee en beeste hier los. Selfs julle kinders kan saam met julle gaan.”

25. Moses was vererg en het hom geantwoord: “Dan sal u maar self die diere moet verskaf vir die slagoffers en brandoffers wat ons vir die Here ons God moet bring.

26. Ons diere moet saam met ons gaan. Daar mag niks agterbly nie. Ons moet uit ons eie diere vir die Here ons God offer. Boonop weet ons glad nie wat ons vir die Here sal moet offer voor ons eers daar aangekom het nie.”

27. Die Here het die farao maar weer laat vassteek. Hy was glad nie bereid om hulle te laat gaan nie.

28. Hy het vir Moses geskreeu: “Gee pad voor my! Ek wil jou nooit weer sien nie! As ek jou ooit weer sien, gaan ek jou doodmaak!”

29. Moses sê toe vir hom: “Jy is hierdie keer reg. Jy sal my nooit weer sien nie.”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 10