Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 1:1-8 Die Boodskap (DB)

1. Die name van die leiers van die verskillende groot families in Israel en die hoofde van hulle gesinne wat saam met Jakob na Egipte toe getrek het, was die volgende:

2. Ruben, Simeon, Levi en Juda,

3. Issaskar, Sebulon en Benjamin,

4. Dan en Naftali, Gad en Aser.

5. Josef was reeds in Egipte. Jakob se afstammelinge was 70 altesaam.

6. Die hele groep van Josef en sy broers is met verloop van tyd die een na die ander dood.

7. Die Israeliete het baie kinders gehad en het net al meer geword. Daar was naderhand so baie van hulle dat hulle oor die hele Egipte gaan bly het.

8. In ’n stadium het daar ’n nuwe koning in Egipte gekom. Hy het niks geweet van Josef en alles wat in sy tyd gebeur het nie.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 1