Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 8:17-20 Die Boodskap (DB)

17. Daarom moet jy nooit dink jy het met jou eie krag ryk en sterk geword nie.

18. Dink altyd aan die Here, want dit is Hy wat jou gehelp het om ryk te word. Hy het dit gedoen omdat Hy tot vandag toe getrou is aan die beloftes wat Hy aan Abraham, Isak en Jakob gemaak het.

19. Wanneer jy egter die rug vir die Here draai en ander gode begin dien, sal die Here jou vernietig. Dit sê Hy vandag baie duidelik vir jou.

20. As jy nie na die Here luister nie, is dit klaarpraat met jou. Jy sal soos die nasies omkom wat Hy ter wille van jou uit jou nuwe land gaan jaag.”

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 8